Naweek Posisies, Gap-Open Trades en Slippage

Dit is altyd moeilik om op ‘n Vrydag te besluit watter posisies om oor ‘n naweek te dra na Maandag toe.

As daar oor ‘n naweek enige plek in die wêreld polities of ekonomies iets kwaai belangrik gebeur kan dit die opening pryse van baie instrumente Maandag oggend erg beïnvloed.

Iemand kan dalk iets belangrik Tweet, of ‘n missiel lanseer, of ‘n vliegtuig kan in ‘n toring vasvlieg.

Indien jy met verkeerde posisie sit gaan jou Stop Loss jou dalk nie uithaal waar dit geplaas is nie.

‘n Mark kan “gap-open”, wat beteken dat die eerste pryse na ‘n naweek heelwat bo, of onder die sluiting van Vrydag kan oopmaak. Dit gaan “slippage” veroorsaak en jy kan baie swakker uit ‘n trade ge-Stop Loss word as waarop jy gereken het.

In die week, tussen Maandag en Vrydag, verhandel baie van die CFD markte amper vir 23 uur ononderbroke. Indien daar iets belangrik gebeur sal pryse waarskynlik deur jou Stop Loss trade, en jy sal met geen, of min “slippage” uitgehaal word.

Indien jy op ‘n mark soos Safex Landbou kommoditeite verhandel wat net tussen 09:00 en 12:00 (3 ure) in die oggend oop is, kan dit ‘n wesenlike probleem wees. Die Safex pryse word tot ‘n groot mate bepaal deur bewegings op CBOT (VSA mielie pryse) en die R$ wisselkoers. Hier gebeur gap open nie net op ‘n naweek nie, maar sommer op enige dag.

Gap open op S&P 500 na ‘n naweek. CFD trading platform.

S&P500 sluit Vrydag middag op 2948.4. Indien jy daar sou besluit om te koop, en jou StopLoss was 10 punte laer op 2938.4 sou jou StopLoss met die Gap Open saam jou Maandag oggend waarskynlik eers op omtrent 2894.8 uit die posisies wat jy gekoop het uitgehaal het. Dit is omtrent 46 punte swakker as jou StopLoss, dit is jou slippage.

Jy gaan dus omtrent R550 met een kontrak verloor in plaas van net die R100 wat jou StopLoss was. Die Gap-open en slippage kos jou dus R450 ekstra verlies.

Jy moet jou beplanning dus baie goed doen voordat jy met groot posisies oor ‘n naweek sit. Jou risiko met posisies wat hefboom (gearing) het is uit die aard van die saak dus baie groter as waar jy met aandele sou sit.

It's only fair to share...Share on Facebook
Facebook

Comments are closed.