22 Sept – Netjiese Eenslaapkamer Studentewoonstel Stapafstand Van Kampus

Villa KabotIn Klein, Veilige Kompleks – R428,000

Uitstekende koop!! Netjiese, lae onderhoud een slaapkamer studentewoonstel in klein, veilige kompleks stapafstand van kampus. Woonstel bestaan uit oopplan kombuis/sitkamer, slaapkamer en badkamer met bad en stort bo-op bad, aparte toilet. Veilige onderdak parkering, braaigeriewe. Prys R428,000, huur R3,500

Eiendom Koop-om-te-Verhuur Evaluering

 

Save

Save

Save

Kamp Straat 45, Potchefstroom. 2 S/kamer nuwe ontwikkeling

Splinternuut vir die beginner of Koop-om-te Verhuur

 

Nuwe ontwikkeling. Gou spring as jy in die mark is vir n bekostigbare blyplek en in n uitstekende area! Voltitel eenhede met n erf van 500vkm en slegs 3 eenhede op die perseël. Word splinternuut gebou met sinlike afwerking. Naby skole en die sentrale sake kern, Hierdie eiendom is werklik uitstekend geprys, so kom kies solank jou erf om trane te voorkom.

Beplanning om in Desember 2016 voltooi te wees.

Hierdie fotos is van ‘n ander ontwikkeling, maar die eenhede sal dieselfde lyk. 2 Slaapkamer, 1 badkamer, oopplan kombuis en woonkamer. Klein tuin vir troeteldiere.
Stoep en ‘n 2 voertuig afdak.

 

Kamp Straat 54, Potchefstroom Kamp Straat 54, Potchefstroom

Vir detail en Eiendom Evaluasie

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Save

Wat is die Verskil Tussen Goeie en Slegte Skuld

Wat is die Verskil Tussen Goeie en Slegte Skuld

Baie van ons is van vroeg af geleer dag skuld sleg is. Maar dit is nie die volle waarheid nie. ‘n Mens kan goeie of slegte skuld maak. Meeste van ons word nie ryk gebore of val met ons boude in ‘n bak botter nie. Dit is daarom soms nie moontlik om sekere noodsaaklike dinge in die lewe te koop sonder om skuld te maak nie.

  1. Slegte Skuld

Slegte skuld is oor die algemeen dinge (“stuff”) wat impulsief, sonder ‘n begroting beplanning gekoop Slegte Skuld - Bad Debtword. Slegte skuld het nie die verwagting om ‘n inkomste te genereer of as ‘n bate te groei nie. In ander woorde, die dinge wat jy met die slegte skuld koop gaan hulle waarde verloor, gaan op raak, en kan nie ‘n inkomste bring nie.

Die terugbetaal terme vir slegte skuld is ook nie goed nie en die rentekoerse waarteen jy terugbetaal is normaalweg baie hoog. Met baie slegte skuld kan jy jou oor tyd finansieel doodbloei.

Voorbeelde van slegte skuld:

  • Luukse vakansies wat ons nie regtig kan bekostig nie.
  • ‘n Nuwe motor. Onthou, ‘n motor is nie ‘n bate nie (dit verdien nie inkomste of groei in bate waarde nie), elke kilometer wat jy ry las nog kostes/uitgawes by.

Meeste van ons het ‘n goeie voertuig nodig om ons daaglikse verpligtinge mee na te kom. Maar dit hoef nie noodwendig ‘n splinternuwe 4×4 te wees nie. Vanaf die oomblik dat jy ‘n nuwe voertuig koop begin die waarde daarvan vinnig daal. Dit gebeur maar baie min dat jy ‘n voertuig vir meer verkoop as wat jy daarvoor betaal het.

Ander nadele van wiele is dat daar nog versekering en onderhoud kostes soos dienste en bande bykom.

Dit is ironies dat Banke nogal baie gewillig is om geld aan jou te leen om ‘n R500,000 voertuig te koop, maar jy moet baie mooi motiveer om ‘n R500,000 meenthuis of woonstel, wat ‘n werklike bate is, te koop.

Lees verder………………..

Save

Save

Save

Spaar jy genoeg vir aftrede?

Meeste van ons is gewone salaris trekkers. Jy het nie ryk getrou nie en gaan nie ryk erf nie. Jou salaris is genoeg dat jy darem van maand tot maand net-net kan deurkom. Behalwe vir jou huis en jou motors het jy nie groot skuld nie. Jy behoort dalk aan ‘n pensioen skema of het ‘n aftree annuïteit.

Die kans dat jy ooit met ‘n salaris “ryk” gaan word is vir meeste van ons nie moontlik nie (die plek vir wie jy werk gaan waarskynlik ryk word).

Hoeveel geld gaan jy nodig hê as jy aftree?

Alhoewel niemand, terwyl hulle nog jonk is, ernstig aan aftrede dink nie moet jy vir aftrede begin spaar terwyl jy ‘n werk met ‘n positiewe inkomste het. Dit is vanaf omtrent 25 jaar oud tot 65 jaar oud (ons aanvaar dat jy vir ‘n plek werk en  dat jy op 65 jaar moet aftree, wat deesdae nie noodwendig die geval is nie).

Ons lewensverwagting neem toe. Daar word geskat dat indien iemand nou 65 jaar oud is, hulle ‘n goeie kans het om 85 jaar en selfs 95 jaar oud te word. Dit beteken dat jy in die 35 jaar wat jy werk en inkomste verdien genoeg voorsiening moet maak (spaar vir aftrede) om dalk nog 20 tot 30 jaar na aftrede te leef.

Spaar jy genoeg vir aftrede?Weet jy hoeveel geld jy nodig gaan hê met aftrede? Het jy al ooit die som gemaak? Ons hoop is seker darem om finansieel onafhanklik te wees as ons aftree.

‘n Rowwe riglyn is dat jy omtrent 75% van jou salaris inkomste voor aftrede gaan nodig hê as jy aftree, sommige finansiële beplanners skat dat jy 90% sal nodig hê.

Lees verder…………………..

Save

Save

Kan jy bekostig om af te tree?

As jy jonk is dink jy waarskynlik nie ernstig aan jou aftrede nie, daar is mos nog baie tyd om daarvoor te beplan. Soms gee ‘n aftree annuïteit of ander pensioen skema jou die lekker gerustheid dat alles OK is vir aftrede.

Gaan maak baie seker wat die toekomstige geprojekteerde waarde van jou aftrede voorsiening is, dit is dalk baie minder as wat jy gedink het.

Kan jy bekostig om af te tree?

Bou jy welvaart op en gaan jy finansieel onafhanklik aftree?

Gaan jy jou welvaart na jou nageslag kan oordra sonder dat belasting ‘n massiewe groot hap daaruit gaan vat?

Wat is jou aftree droom?

Wat is jou aftree droom?

60% van pensionarisse het nie genoeg fondse nie, 64% moes lewens standaard dramaties afskaal en 31% moet aanhou werk vir oorlewing.

Ons lewensverwagting neem toe:

  • A man reaching age 65 today can expect to live, on average, until age 84.3.
  • A woman turning age 65 today can expect to live, on average, until age 86.6.
  • And those are just averages. About one out of every four 65-year-olds today will live past age 90, and one out of 10 will live past age 95.

lees verder ………………….

 

Save

Save

Save

Save

Save

5 simple ways to prepare for the next ‘Black Swan’

From Kim Iskyan, Editor, True Wealth Asia:

What event is most likely to cause a financial crisis in Asia in the months ahead? a) collapse of the Chinese real estate market, b) a major drop in the value of the Chinese yuan, c) a Japanese debt crash, d) war over South China Sea islands, or e) none of the above.

If you’re familiar with the Black Swan theory, you would have answered “e) none of the above.” And you’d probably be right.

A “Black Swan” event is an event that is nearly impossible to predict, and which has a massive impact on markets. The term was created by the statistician and author Nassim Taleb, who wrote a book by that name in 2007.

Taleb notes that most of the methods used to predict what will happen in markets rely on what’s happened in the past. But since the past doesn’t foretell the future – especially for something as unpredictable as the stock market – this approach underestimates the chances of something that’s never happened before happening.

Continue reading

Hoe Gereeld Gebeur Groot Aandele Mark Dalings

Aandele markte wêreldwyd, ook hier in Suid Afrika, het die afgelope twee maande weer ‘n groot skrik gevang na groot dalings.

Die FTSE-JSE Top 40 Indeks en die Amerikaanse S&P500 Indeks het tussen 3 November 2015 en 22 Januarie 2016 beide omtrent 15% gedaal.

Hieronder is ‘n tabel wat ‘n idee gee van hoe gereeld groot markdalings plaasvind. Die data is vir die Dow Jones Industrial Average vanaf 1900 tot Desember 2015. Continue reading